Rsg Geldsake Met Moneyweb

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 37:28:22
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.

Episodios

  • Anglo American smous sy laaste steenkoolbates

    25/11/2024 Duración: 06min

    Wilhelm Hertzog, portefeuljebestuurder by Rozendal Partners gesels oor Anglo American wat sy laaste steenkoolbates verkoop. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Netcare koop aandele terug dat dit klap

    25/11/2024 Duración: 09min

    Netcare het vandag winssyfers vir sy boekjaar tot einde September aangekondig, die omset was 6% hoër en die wins styg met 8%. Dr. Erich Bock, besturende direkteur van Netcare se hospitaalafdeling gesels oor die groep se resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Mynbou-aandelekry pakslae

    25/11/2024 Duración: 09min

    Theo Vorster, medestigter van Galileo Capital gesels oor mynbou-aandele en Pick n Pay wat Boxer noteer. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 25 ste November 2024

    25/11/2024 Duración: 49min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Kenners antwoord luisteraarsvrae

    22/11/2024 Duración: 18min

    Nelis Brink, direkteur by PSG Wealth R21, Rita Cool, hoof van individuele advies strategie by Alexforbes en onafhanklike belastingkonsultant, Piet Nel beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • WhatsApp-kaart kan meer mense die formele sektor binnebring

    22/11/2024 Duración: 04min

    Elizma de Beer, hoof van groei by Mama Money gesels oor 'n bankkaart wat met WhatsApp werk. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Jan Taks raak aan diegene wat nie meer hier woon nie

    22/11/2024 Duración: 08min

    Piet Nel, onafhanklike belastingkonsultant gesels oor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se waarskuwing aan diegene wat nie meer in Suid-Afrika woon nie. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Hoe sal leierskap van die G20 Suid-Afrika baat?

    22/11/2024 Duración: 07min

    Die G20 is 'n internasionale forum wat die grootste ekonomieë ter wêreld saambring, en Suid-Afrika neem in Desember vir die eerste keer die presidentskap van die G20 op. Senior ekonoom van PwC, Dr. Christie Viljoen gesels oor die geleentheid om buitelandse beleggings vir Suid-Afrika aan te moedig. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Hulpbronne, metale en mynbou hou JSE by beginvlakke

    22/11/2024 Duración: 07min

    Nelis Brink, direkteur by PSG Wealth R21 gesels oor edelmetale, die olieprys, en inflsie in die Verenigde Koninryk. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 22ste November 2024

    22/11/2024 Duración: 50min

    Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • eBucks het ’n lewe van sy eie

    21/11/2024 Duración: 08min

    Pieter Woodhatch uitvoerende hoof FNB eBucks gesels oor sy agtergrond, loopbaan, die industrie waarin hy is, en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die SAL is winsgewend!

    21/11/2024 Duración: 09min

    Derek Hanekom, tussentydse voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gesels oor hulle finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Southern Sun pluk Covid-19-vrugte

    21/11/2024 Duración: 06min

    Southern Sun het vandag resultate vir die ses maande tot einde September aangekondig, die omset was 7% hoër en die wins spring met 31%. Die uitvoerende hoof, Marcel von Aulock gesels oor die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Kon die Reserwebank ’n skerper mes gebruik het om die rentekoers te sny?

    21/11/2024 Duración: 09min

    Johann Els, hoofekonoom van Old Mutual bespreek vandag se rentekoersbesluit. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Gemengde kleinhandel prestaties

    21/11/2024 Duración: 07min

    Amelia Morgenrood, aandelemakelaar by PSG Wealth Faerie Glen, gesels oor die rentekoersbesluit en die kleinhandelgroepe, Mr. Price en Lewis se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 21ste November 2024

    21/11/2024 Duración: 49min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Kriptoplatforms moet nou weet wie die partye is tot ’n transaksie

    20/11/2024 Duración: 05min

    Leopldt Jansen van Vuuren, voldoeningsbestuurder by Provenance gesels oor nuwe regulasies vir kriptoplatforms. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Private krediet bied alternatiewe opsie

    20/11/2024 Duración: 06min

    Stefan Nothnagel van Westbrooke Alternative Asset Management gesels oor private krediet. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Entrepreneurs lê wakker oor identiteitdiefstal

    20/11/2024 Duración: 05min

    'n Studie deur World Wide Worx en iiDENTIFii toon aan dat 56.7% van besighede in Suid-Afrika bekommerd is oor moontlike identiteitsdiefstal. Lance Fanaroff, medestigter van iiDENTIFii, gesels hieroor. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Inflasie val tot sy laagste vlak in vier jaar

    20/11/2024 Duración: 07min

    Elize Kruger, onafhanklike ekonoom gesels oor inflasie. Volg RSG Geldsake op Twitter

página 4 de 8