Rsg Geldsake Met Moneyweb

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 37:28:22
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.

Episodios

  • Die paaie van die voorsorgfonds en die Werkloosheidsversekeringfonds gaan dalk skei

    28/11/2024 Duración: 06min

    Daar word voorgestel dat die departement wat die Werkloosheidsversekeringfons en die Voorsorgfonds administreer nou geskei word in twee enititeite. Prof. Hugo Pienaar, direkteur van arbeidsreg by Cliffe Dekker Hofmeyr bespreek die voorstel. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Spar kondig sy finansiële resultate aan vandag en, dalk verassend, besluit om nie ‘n dividend te verklaar nie

    28/11/2024 Duración: 07min

    Die uitvoerende hoof van Spar, Angelo Swartz gesels oor die groep se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Markte is stil met die dankseggingsvakansiedag in die VSA

    28/11/2024 Duración: 09min

    Mia Kriegler, navorsing en fondsbestuur direkteur by Kruger Internasionaal gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 28ste November 2024

    28/11/2024 Duración: 50min

    Tinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Meer as 400 000 elektrisiteitdiewe gaan nou betaal

    27/11/2024 Duración: 09min

    Sondag was die D-dag vir die herkodering van kragmeters, sodat diegene wat krag steel uitgelig kan word. Johan Hopely, senior bestuurder by Impact Meter Services, gesels oor situasie tans. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Wat is die verskil tussen ’n digitale en kriptogeldeenheid?

    27/11/2024 Duración: 07min

    Christo de Wit, hoof van Luno Suid-Afrika gesels oor die verskil tussen ’n digitale en kriptogeldeenheid. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die mark vir private stralers kry bietjie lewe

    27/11/2024 Duración: 07min

    JP Fourie, uitvoerende hoof van die National Airways Corporation gesels oor VistaJet se planne om die mark vir private stralers in Afrika te verbeter. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Parks Tau vat die Mededigingstribunaal aan oor Vodacom en Maziv-besluit

    27/11/2024 Duración: 09min

    Ahmore Burger-Smidt, hoof van mededinging by Werksmans Prokureurs, skets 'n agtergrond en sê dis die eerste keer in ons geskiedenis dat die minister so 'n stap neem. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Anglo American verkoop nog aandele

    27/11/2024 Duración: 06min

    Johan Gouws, hoof van adviesdienste by PPS gesels oor Amerikaanse inflasie en Anglo American wat nog aandele verkoop. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Woensdag 27ste November 2024

    27/11/2024 Duración: 45min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Graanpryse spring tot naby rekordvlakke

    26/11/2024 Duración: 05min

    Heleen Viljoen, ekonoom van GraanSA gesels oor graanpryse. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Beïnvloeders op sosiale media maak geld soos bossies

    26/11/2024 Duración: 07min

    Mia Roets van Joe Public bespreek 'n verslag oor sosialemedia-beïnvloeders in Suid-Afrika. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Daar is ’n nuwe staalfabriek in Zimbabwe en die plaaslike bedryf is (baie) bekommerd

    26/11/2024 Duración: 08min

    Charles Dednam, sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalinstituut gesels oor 'n nuwe staalfabriek in Zimbabwe. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • RSG Geldsake met Moneyweb – Dinsdag 26ste November 2024

    26/11/2024 Duración: 49min

    Ryk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die regering se oudit-uitkomste lyk effens beter

    26/11/2024 Duración: 10min

    Jan van Schalkwyk, korporatiewe uitvoerende beampte in die ouditeur-generaal se kantoor bespreek die OG-verslag. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • EasyEquities-kliënte verdien vet-opbrengste

    26/11/2024 Duración: 06min

    Charles Savage, uitvoerende hoof van die Purple Group gesels oor hulle finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Life Healthcare se aandeelhouers glimlag breed

    26/11/2024 Duración: 07min

    Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth gesels oor die markte. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Die Amerikaanse regering wil hê Google moet Chrome verkoop

    25/11/2024 Duración: 04min

    Pieter Geldenhuys, toekomskundige en direkteur by die Instituut vir Tegnologie, Strategie en Innovasie, verbonde aan die Da Vinci-sakeskool, verduidelik hoekom die Amerikaanse regering wil hê Google moet Chrome verkoop. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • Elektrisiteittarief-saak wéér in die hof

    25/11/2024 Duración: 05min

    Morné Mostert, bestuurder van plaaslike regeringsake by AfriForum, sê Nersa het hierdie probleme self veroorsaak. Volg RSG Geldsake op Twitter

  • C5 en Sibanye-Stillwater wil saam kernkraggeleenthede ondersoek

    25/11/2024 Duración: 08min

    Die stigter van C5 Capital, André Pienaar verduidelik wat hierdie vennnotskap behels. Volg RSG Geldsake op Twitter

página 3 de 8