Informações:
Sinopsis
ToekomsVenster is daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVDs en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Episodios
-
ToekomsVenster: Ek aanvaar jou
12/10/2023 Duración: 02minEk hou van jazz en jy van klassiek. Tog het ons mekaar lief. Ek aanvaar jou met die liefde van ons Heer.
-
ToekomsVenster: Bid vir hierdie land
12/10/2023 Duración: 03minKom ons begin by gebed. Kom ons bid en vra God vir genade.
-
ToekomsVenster: Dankbaar vir werk
11/10/2023 Duración: 02minBegin bid vir die genade om dit wat jy doen, al is dit miskien nie jou eerste keuse nie, dankbaar as ʼn gawe uit die hand van die Here te ontvang en dit te koester.
-
ToekomsVenster: Hy weet beter
11/10/2023 Duración: 03minGod is steeds in beheer. Die sekuriteit wat Hy gee is meer as wat die teenswoordige ons kan bied.
-
ToekomsVenster: Om jammer te sê is die regte antwoord
09/10/2023 Duración: 02minHoe lyk dit met die “jammers” in jou lewe? Wees haastig om jammer te sê.
-
ToekomsVenster: Vryheid om regte keuses te maak
03/10/2023 Duración: 03minOns leef reeds nou vir altyd as ons glo dat Jesus die prys namens ons elkeen betaal het. Ons is vry, maar die vraag is, vry van en vry tot?
-
ToekomsVenster: Kies liefde
03/10/2023 Duración: 03minBy God kom ons nie weg nie. Hy gee nie toe nie. Daar is nie beweegruimte nie. Hy verskoon niemand van hierdie verantwoordelikheid nie.
-
ToekomsVenster: Betuig weer jou afhanklikheid van God
02/10/2023 Duración: 02minBetuig net weer jou afhanklikheid van God. Doen dit met dankbaarheid. Dis die beste posisie om in te wees.
-
ToekomsVenster: Ervaar ware geluk
02/10/2023 Duración: 02minSo ʼn lewe word met die ewige lewe beloon. So ʼn lewe ken vrede te midde van swaarkry, ervaar self warmte en barmhartigheid, so ʼn lewe is geseënd.
-
ToekomsVenster: Moenie dat die lewe jou onderkry
02/10/2023 Duración: 02minMoenie dat daardie omstandighede jou definieer nie. Jy is nie ʼn slagoffer nie maar ʼn oorwinnaar.
-
ToekomsVenster: Vier die vrede
26/09/2023 Duración: 01minJesus sê: My vrede gee ek vir julle. Nie die kortstondige en vals vrede van die wêreld nie. Hierdie is die Shalom Jahwe, omvattend, insluitend en genesend.
-
ToekomsVenster: Vier vreugde
26/09/2023 Duración: 03minLag omdat die swaarkry vir altyd verby is. Lag omdat ons geliefdes op ons wag. Lag omdat die vriendelike Koning op die troon sit.
-
ToekomsVenster: Vier jou verlossing
26/09/2023 Duración: 03minSing ʼn loflied, steek ʼn kers aan en wees opgewonde! Die dood, die ewige dood, ʼn toekoms sonder God, het sy greep op jou lewe verloor.
-
ToekomsVenster: Vier verhoudings
26/09/2023 Duración: 03minVier die mense wat die lewe vol, mooi, betekenisvol, selfs uitdagend maak. Vier iemand in jou konteks vandag deur ʼn opregte kompliment.
-
ToekomsVenster: Kroon van die skepping
26/09/2023 Duración: 03minGedurende hierdie week wil ek die fokus laat val op die dinge wat die lewe die moeite werd maak. Derhalwe nooi ek jou uit om saam met my die lewe te verken en die goeie gawes wat God gee te herontdek.
-
ToekomsVenster: Wat is jou nalatenskap?
22/09/2023 Duración: 01minSomtyds word jou nalatenskap baie jare later eers besef en gevier. Nalatenskap en dankbaarheid vir die lewe as genadegawe, is verwant. Dis ʼn dankbare mens wat iets nalaat.
-
ToekomsVenster: Dra liewer die vrug van die Gees
21/09/2023 Duración: 02minJesus sê dra die vrug wat by die bekering pas.
-
ToekomsVenster: Prewel is ook bid
18/09/2023 Duración: 02minDie Here sien jou raak en hoor jou prewel-gebede.
-
ToekomsVenster: Wat staan ons te doen?
18/09/2023 Duración: 02minOns kan hand uitsteek en probeer help.
-
ToekomsVenster: Alles is net genade
18/09/2023 Duración: 02minOnthou, alles, alles is genade en onverdiende guns alleen. Elke asemteug en elke tree is omdat die God van hemel en aarde dit in goedheid skenk. Dis wie Hy is, ʼn goeie God.