Informações:
Sinopsis
ToekomsVenster is daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVDs en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Episodios
-
ToekomsVenster: Die hemel se deur staan op
11/11/2023 Duración: 02minHet jy genade en ʼn sagte hart nodig vandag?
-
ToekomsVenster: Hoe gemaak met 2023?
11/11/2023 Duración: 02minVier wat goed was en is, en vergewe jouself soos God vergewe vir wat minder aangenaam was.
-
ToekomsVenster: ʼn Getuienis van oorvloedige genade
11/11/2023 Duración: 02minPraat maar met mense wat seer- en kwelpaaie geloop het. Min verwyt God, die meeste getuig van sy oorvloedige genade.
-
ToekomsVenster: Die soort vrede wat die Here gee
11/11/2023 Duración: 02minOns is moeg en het verkwikking nou nodig.
-
ToekomsVenster: Die Here bring vrede
11/11/2023 Duración: 02minMag die Here kragtig ingryp, ware bekering bring in die harte van mense wat die besluite maak. Mag die Here vrede bring in die Midde-Ooste.
-
ToekomsVenster: Daar's ’n manier om te sê jy verskil
06/11/2023 Duración: 02minSê jy verskil, dis jou goeie reg. Sê dit op so ʼn wyse dat die ander persoon nie stik na sy asem oor die gure wyse waarop hy, as medemens, behandel word nie.
-
ToekomsVenster: Sy guns speel verskillend uit
06/11/2023 Duración: 02minDit beteken nie dat God gunstelinge het nie. Sy guns speel verskillend uit in verskillende mense se lewens.
-
ToekomsVenster: Wie vertrou jy?
06/11/2023 Duración: 03minEk dink die Here verwag dat ons albei doen, maar om van tyd tot tyd net te vra vir wie jy nou eintlik vertrou, is nie ʼn ongesonde oefening nie.
-
ToekomsVenster: Ook hier sal die Here vir jou sorg
06/11/2023 Duración: 02minVan kleintyd tot vandag toe nog sorg die Here. Hy is getrou en doen wat Hy beloof het. Hy het geen tekort aan enigiets nie. By Hom is daar ʼn oorvloed genade, sorg, omgee, ondersteuning, noem maar op.
-
ToekomsVenster: Die Here sorg
06/11/2023 Duración: 02minDie laaste woord word inderdaad deur Hom gespreek. Sy beloftes staan vas en elkeen wat hier lees, kan daarvan getuig.
-
ToekomsVenster: Hy hoor ons
31/10/2023 Duración: 03minWat beteken die teksvers: Op die minste troos in die wete dat wat gebeur nie by God verbygaan nie. Dat Hy die versugting van sy kinders hoor. Dat Hy Hom die lotgevalle van mense aantrek.
-
ToekomsVenster: Sy genade is genoeg
31/10/2023 Duración: 03minSy genade is genoeg, elke dag. Alles wat ons nodig het, gee Hy gratis en verniet.
-
ToekomsVenster: Moenie nou moed verloor nie
31/10/2023 Duración: 02minGod is steeds op die troon. Moenie te gou moed verloor nie.
-
ToekomsVenster: Die spasie tussenin
30/10/2023 Duración: 02minTussen stimulus en respons is daar ʼn spasie. Dis ʼn geskenk van bo. Ons het twee ore en een mond. Eers luister, goed luister en dan wanneer die tyd daarvoor ryp is, reageer. Onthou, ʼn sagte antwoord keer die grimmigheid af.
-
ToekomsVenster: Kom ons gaan maak ʼn verskil
30/10/2023 Duración: 03minAs hierdie land gaan verander, sal dit net deur die ernstige nadenke en betrokkenheid van gewone mense soos ek en jy plaasvind. Die Here doen sy deel. Wat van ons? Is jy geregistreer en gaan jy stem?
-
ToekomsVenster: Jou liggaam is ʼn tempel
23/10/2023 Duración: 03minVersorg jou liggaam, gee dit genoeg voedsame stowwe, wees versigtig met wat jy daarin sit. Oefen jou liggaam, moenie aan elke gril en gier daarvan toegee nie. Die liggaam kan opdringerig en veeleisend wees. Die liggaam het dissipline nodig. Versorg dit en hê dit lief, baie lief.
-
ToekomsVenster: Hoe lyk jou emosionele gesondheid?
23/10/2023 Duración: 04minHoe gesond is jy emosioneel en wat doen jy daaraan?
-
ToekomsVenster: Liggaam, siel en gees
23/10/2023 Duración: 03minNee, liggaam, siel en gees moet naas mekaar en saam met mekaar, in samehang plek vind om tot uitdrukking te kom.
-
ToekomsVenster: Geloof is ’n gawe
23/10/2023 Duración: 03minHet jy opgelet hoe dikwels die woorde “ek glo” hierin na vore kom. Inderdaad, geloof is van ʼn gans ander dimensie. Dit is ʼn gawe van God die Heilige Gees en ʼn mens staan in verwondering as ʼn mens daaraan dink dat jy deel kan wees ʼn geloofsgemeenskap wat oor eeue strek en hul sekuriteit, sin en bestemming, in hierdie woorde gevind het.
-
ToekomsVenster: Drie in een
23/10/2023 Duración: 02minOns is mense van geloof. Ten diepste glo ons dat God met ons op pad is; God Drie-enige, Vader, Seun en Heilige Gees.