Sinopsis
RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid-Afrika. Dit fokus op die belangrikste sakenuus, menings en beleggingsinsigte. Andries van Zyl bied die program aan. RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:30 en 19:00 op RSG (101 104fm) uitgesaai.
Episodios
-
Is Johann Steynberg van MTI werklik dood?
11/11/2024 Duración: 14minDie skrywer en joernalis, Stephen Timm gesels oor die baasbrein van MTI, Johann Steynberg. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Raubex-wins spring
11/11/2024 Duración: 09minDie konstruksiemaatskappy Raubex het vandag sy winssyfers vir die ses maande tot einde Augustus aangekondig. Die omset was 30% hoër, en die wesensverdienste het met byna 50% gestyg. Dirk Lourens, die bedryfshoof van Raubex, gesels oor die resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wisselkoersprobleme kos Vodacom miljarde
11/11/2024 Duración: 07minVodacom het vandag winssyfers vir sy boekjaar tot einde September bekend gemaak, die uitvoerende hoof, Shameel Joosub gesels oor die groep se resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die dollar klap die rand
11/11/2024 Duración: 10minAndré Cillers van TreasuryOne gesels oor die rand se verswakking, en Theo vorster van Galileo Capital bespreek PnP se planne om Boxer op die JSE te noteer. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Maandag 11de November 2024
11/11/2024 Duración: 49minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Kenners antwoord luisteraarsvrae
08/11/2024 Duración: 17minDrikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners en Elke Brink, direkteur en adviseur by PSG Route 21 beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Old Mutual se Moneyversity trek aandag van ooral
08/11/2024 Duración: 06minOld Mutual het onlangs Moneyversity bekendgestel, met die doel om mense finansieel te bemagtig. Lizl Budhram, hoof van advies by Old Mutual gesels oor die platform. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Nedbank kyk na digitale kliëntediens
08/11/2024 Duración: 06minGerrit van der Westhuizen, hoof van kliënte-ervaring by Nedbank, gesels oor hoe tendense die interaksie van kliënte met banke vorm. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Ontluikende markte bly onder druk na die Amerikaanse verkiesing
08/11/2024 Duración: 08minDrikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners gesels oor TFG se finansiële resultate, en die Trump-administrasie. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Vrydag 08ste November 2024
08/11/2024 Duración: 44minTinus de Jager – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Van beleggings tot Jaguars
07/11/2024 Duración: 16minDie bekende beleggingskenner, Wayne McCurrie gesels oor sy aftrede, agtergrond, loopbaan, en wat hy doen om te ontspan. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Die regering wil die private sektor gebruik om sy geboue op te knap
07/11/2024 Duración: 09minDie minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson gesels oor die regering se planne om die private sektor in te span om sy geboue op te knap, en sê hulle sal dit as 'n toets gebruik. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoe groot is die ekonomiese skade wat die geweld in Mosambiek aanrig?
07/11/2024 Duración: 07minDie Lebombo-grenspos is gesluit weens protesoptrede in Mosambiek. Dr Joachim Vermooten, vervoer-ekonoom van die Universiteit van Johannesburg bespreek die ekonomiese skade wat dit veroorsaak. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Maatskappye ervaar soet en suur in hul interaksie met die Ontvanger
07/11/2024 Duración: 07minElle-Sarah Rossato, vennoot en hoof van belasting en dispuutoplossing by PwC Suid-Afrika bespreek hulle onlangse peiling. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Hoe reageer die markte op Trump se oorwinning?
07/11/2024 Duración: 08minDrikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft gesels oor die markte se reaksie op Trump se oorwinning en Sappi se finansiële resultate. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
RSG Geldsake met Moneyweb – Donderdag 07de November 2024
07/11/2024 Duración: 50minRyk van Niekerk – Moneyweb Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Bitcoin spring tot ’n nuwe hoogtepunt
06/11/2024 Duración: 07minChristo de Witt, hoof van Luno Suid-Afrika gesels oor bitcoin se nuwe hoogtepunt. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Opleiding bevorder ekonomiese aktwiteitsvlakke
06/11/2024 Duración: 09minDr. Riaan Steenberg, bedryfsdirekteur van die NetEd-groep gesels oor Eduvos se opleiding. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wat beteken Trump se oorwinning vir Suid-Afrika?
06/11/2024 Duración: 08minHendrik du Toit, uitvoerende hoof van Ninety One gesels oor Donald Trump se oorwinning. Volg RSG Geldsake op Twitter
-
Wat steek in Networth se “aanbod” vir ArcelorMittal Suid-Afrika?
06/11/2024 Duración: 08minNetworth Investments het onlangs 'n aanbod van R19 miljard aan ArcelorMittal gemaak, Harold Vermaak, uitvoerende hoof en stigter van die beleggingsmaatskappy gesels oor die aanbod. Volg RSG Geldsake op Twitter