Maroela-onderhoude
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editor: Podcast
- Duración: 31:02:54
- Mas informaciones
Informações:
Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Wilma sing oor rolprentromanse in ‘Koebaai aan my hart’
10/05/2024 Duración: 07minHaar debuutenkelsnit, “SySoen”, het ʼn jaar terug sy buiging op die Maroela Media Top-20-trefferparade in die no. 1-posisie gemaak en het sedertdien goue status bereik. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Verstaan jy jou kind se taal?
09/05/2024 Duración: 10minJy as ouer wil nie die heeltyd net reaktief en impulsief teenoor jou kind se gedrag optree nie. Dit is juis waarom dit so belangrik is om jou kind se gedrag te verstaan. Maroela Media
-
Vyf minute finansies: Die skuldstrik
09/05/2024 Duración: 09minMaroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die jongste episode verduidelik hy die verskil tussen “goeie” en “slegte” skuld en deel praktiese wenke om jou skuld stuk vir stuk te takel. Maroela Media
-
Diaan Daniels gee wenke vir deftige drag
08/05/2024 Duración: 06minIn dié nuwe podsendingreeks deel Diaan Daniels unieke en praktiese wenke wat enigiemand, van matriekleerders, tot ma’s van bruide, sal help om die perfekte uitrusting vir die volgende spoggeleentheid te kies. Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Hoe lyk ’n verhoudingsgedrewe gesin?
03/05/2024 Duración: 11minLourindi Nel verduidelik hoe noodsaaklik dit is om altyd in jou kind se span te wees. Maroela Media
-
Vyf minute finansies: Almal baat by beplanning
03/05/2024 Duración: 06minMaroela Media het hande gevat met Paul Roux van FinMeUp, ʼn groep kenners in finansiële beplanning en opvoeding, vir ʼn opwindende nuwe podsendingreeks wat geldsake vir Jan Alleman verteerbaar maak. In die eerste aflewering vertel Paul meer oor sy liefde vir finansies en sy loopbaanreis na FinMeUp. Hy verduidelik ook waarom enigiemand, ongeag hul finansiële profiele, by beplanning sal baat. Maroela Media
-
Gehalteleierskap kan verpleging na ’n volgende vlak neem
29/04/2024 Duración: 15minMaroela Media het met prof. Siedine Coetzee van die NWU gesels oor die werk wat haar navorsingsleerstoel doen om verpleegpersoneel te bemagtig. Coetzee het reeds talle artikels in die veld van verpleegkunde op nasionale en internasionale vlak gepubliseer en is nou besig om ʼn leierskapsinstituut vir verpleegkundiges te vestig. Maroela Media
-
Nuwe wind waai vir Sonja se ‘Harlekyn’
28/04/2024 Duración: 19min“Dit maak my vreeslik opgewonde, en ek beskou dit as ʼn voorreg dat verskeie generasies nou my musiek kan ontdek óf herleef.” Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Hoe lyk ’n gesin wat vreesgedrewe is?
25/04/2024 Duración: 08minLourindi Nel verduidelik wat gebeur in ʼn kind se gedagtes wanneer ons herhaaldelik ons ouerlike magsposisie gebruik om dissiplinêre doelwitte te behaal. Maroela Media
-
Posduif se jongste uitreiking ʼn ‘veelsydige, musikale reis’
22/04/2024 Duración: 13min“ʼn Album is ʼn storie, en hierdie is nege hoofstukke wat jou op ʼn toer deur stukkies van ons lewe vat.” Maroela Media
-
Luister hier hoe Chelize Henry in haar eie woorde van haar liefde vir sport praat
19/04/2024 Duración: 59sChelize Henry is n 18-jarige sportster van Pretoria wat omtrent die medaljes by die Wêreldspele in Turkye ingeryg het. Hier vertel sy in haar eie woorde oor haar liefde vir sport. Maroela Media
-
Nadia oor ‘verkleurmannetjie-karakter’, liefde vir teater en Kaap
18/04/2024 Duración: 20min“Ek het met die tyd geleer om vir Sanet te verstaan. Ek sê altyd ʼn mens moet ʼn plek kry waar jy empatie het vir die karakter, en dit is wat ek nou in haar gevind het." Maroela Media
-
‘Musiek is taal van my hart,’ sê Retief Burger
17/04/2024 Duración: 16min“Ons is gemaak om te aanbid en terug te gee wat ons ontvang het. Solank Hy die middelpunt is en eer daarvoor kry.” Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Wat is jou gesin se denkwyse en ingesteldheid?
17/04/2024 Duración: 12minLourindi verduidelik wat jy as ouer moontlik kan verloor as jy ʼn ingesteldeheid van vrees as benadering tot jou gesinsfondasie volg. Maroela Media
-
Veilig met vuurwapens en kinders in die huis
15/04/2024 Duración: 07minIan Cameron en Heinke Hartdegen is albei ouers en voorstanders van wettige en verantwoordelike vuurwapeneienaarskap. Hulle gee raad oor hoe om seker te maak jou kinders bly veilig as dit by vuurwapens in die huis kom. Maroela Media
-
Magé skryf klankbaan vir eie lewenspad
12/04/2024 Duración: 12min“Ek het ʼn dieper wete dat alles oukei gaan wees en ten goede gaan meewerk, solank ek net myself kan wees.” Maroela Media
-
Gesonde gesinne: Wat is ons doel met dissipline?
11/04/2024 Duración: 11minMet Maroela Media se podsendingreeks wat fokus op ouerskap en gesonde gesinne, kuier Lourindi Nel oor die volgende paar weke in die ateljee om oor ouerskapskwessies te gesels. Dissipline bly maar ʼn uitdaging. Lourindi sê die eerste stap is om te dink wat jou as ouer se doel met dissipline is. Maroela Media
-
Moet jou vuurwapen saamry of tuisbly op vakansie?
11/04/2024 Duración: 16minAs jy in Suid-Afrika met ʼn vuurwapen wil reis, moet jy verseker dat jy die land se vuurwapenregulasies streng gehoorsaam. Maroela Media het gaan uitvind hoe jy veilig en gemaklik met jou vuurwapen kan reis en selfs vakansie kan hou. Maroela Media
-
Wêreldreisiger, musikant skryf Afrikaanse album op geboorteplaas
10/04/2024 Duración: 12min“Elke keer as ek by die huis is, neem ek ernstig die pen op en skryf aan die album. Ek wil hê die album moet die gees van my geboorteplaas vasvang.” Maroela Media
-
‘Seldsame siektes, wanvoeding loop hand aan hand’
10/04/2024 Duración: 23minAs kenner op die gebied van holistiese gesondheid, behandel dr. Stefan Schoeman gereeld pasiënte met seldsame siektes. Hy gesels oor dié onderwerp in Maroela Media se ateljee. Maroela Media