Maroela-onderhoude
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editor: Podcast
- Duración: 30:42:35
- Mas informaciones
Informações:
Sinopsis
Ons gesels met interessante mense in ons ateljee.
Episodios
-
Hoe lyk ʼn kind wat emosioneel gesond is?
20/03/2024 Duración: 13minIn hierdie episode gesels dr. David Goncalves, sielkundige, oor emosionele gesondheid van kinders en hoe voldoende voeding daarmee verband hou. Maroela Media
-
Luister: Wat om te verwag as jy moes skiet
18/03/2024 Duración: 17minJy moet in 'n oogwink die besluit neem: Gaan ek my vuurwapen afvuur? Genadiglik kan jy daarin slaag om die gevaar af te weer ... maar nou is dit 'n misdaadtoneel. Wat gebeur nou? Maroela Media
-
Wat is die verband tussen kindervoeding en ooggesondheid?
13/03/2024 Duración: 12minRudine Diedericks, ʼn oogkundige by Mellins, verduidelik wanneer jy jou kind vir ʼn oogtoets moet neem en watter rooi vlaggies daar kan wees in terme van jou kind se sig. Maroela Media
-
Arno Carstens sing vir geliefdes buite SA
13/03/2024 Duración: 11min“Wat ek die meeste van Suid-Afrika gemis het, was die fauna en flora, en familie en vriende. Dit is die goed wat jy mis: die horison, sonsondergange en jou mense.” Maroela Media
-
Wonder jy nog oor vuurwapeneienaarskap?
11/03/2024 Duración: 16minMaroela Media het in ons ateljee met JC Lamprecht en Heinke Hartdegen van die opleidingsentrum Bravo Tactical Africa oor verantwoordelike vuurwapenbesit gesels. Ian Cameron, ʼn gemeenskapsveiligheidsaktivis en direkteur van Firearms Guardian, het ook verduidelik waarom hy dink ʼn soort leefstylaanpassing is nodig as dit by die besit van vuurwapens kom en waarom hy meen ʼn gemeenskap wat opgelei is om vuurwapens wettig te hanteer ʼn werklike verskil kan maak in ʼn land soos Suid-Afrika wat stoei met hoë misdaadsyfers. Maroela Media
-
Pretoria-fees is die plek waar jy wil wees
11/03/2024 Duración: 12minLiza en Ross Welsh, koördineerders van die Pretoria-fees, het in Maroela Media se ateljee kom draai om meer oor vanjaar se fees te vertel. Hulle sê dié fees beloof die grootste pret vir elke lid van die gesin in ʼn veilige en gesellige omgewing. Luister boaan hierdie berig na die volledige onderhoud en vind uit waarom jy nie vanjaar se Pretoria-fees kan misloop nie. Maroela Media
-
Ilne Fourie hou spieël op oor boelies in skole
07/03/2024 Duración: 17minDit is nie om dowe neute dat die aktrise Ilne Fourie die onderwysmilieu as agtergrond vir haar teaterproduksies gebruik nie. Maroela Media
-
Wat is wanvoeding en kan dit voorkom word?
07/03/2024 Duración: 10minIn dié reeks gesels Maroela Media met kenners oor voeding van jong kinders, hoe wanvoeding kinders se algehele gesondheid beïnvloed en hoe ouers kan help om daarteen te waak. Maroela Media
-
Jo Black oor rol as vlerksleepvriend, nuwe musiek en buitelandse konserte
06/03/2024 Duración: 10min“Agter die skerms is dinge snaaks en my raad is meer direk, maar as die kameras rol, kies ek my woorde mooi om nie te klink of ek hom te hard uittrap nie, maar ook dat dit nie moet klink asof ek ʼn gunsteling het nie.” Maroela Media
-
Mike Bolhuis gee raad oor slenters
29/02/2024 Duración: 31minTientalle mense bevind hulself vandag verstrengel in slenters, en dít sonder om te weet hoe hulle hulself daaruit gaan wikkel. Mike Bolhuis gee raad. Maroela Media
-
Dozi sing weer ná ʼn dekade
29/02/2024 Duración: 14minDozi het gedink hy is klaar met musiek, maar die musiekbedryf was nog glad nie klaar met hom nie. Maroela Media
-
Oorwurm-treffer plaas kollig op nuwe Afrikaanse duo
28/02/2024 Duración: 12min“Ons het gedink daar is genoeg mense om te luister na verskillende tipes musiek, so ons sal waarskynlik iemand kry wat van ons musiek hou, en dit het ten goede meegewerk.” Maroela Media
-
‘Frankie & Felipé’ se Solomon wil ‘mooi kant van lewe wys’
28/02/2024 Duración: 11min“Ons het aan die kombuistafel gesit en besluit ons moet begin werk skep toe die saadjie vir die fliek geplant is.” Maroela Media
-
‘Lisa met die rooi hare’, SA’ners se gunsteling internetrabbedoe
28/02/2024 Duración: 09minVandag, ʼn hele paar jaar later, bly sy dalk nie meer in haar Potchefstroomse ouerhuis nie, maar die liefde wat sy destyds vir humoristiese video’s ontwikkel het, brand steeds in haar hart. Maroela Media
-
Só verweef rolprentmaak veelsydige Lika se passies
23/02/2024 Duración: 07min“Dit was nogal vreesaanjaend en beslis ʼn vuurdoop vir my. Ek kyk nou in ʼn heel ander lig na gesoute regisseurs en dink: hoe op dees aarde doen julle dit oor en oor.” Maroela Media
-
Werner Olckers gedryf deur passie vir musiek, storievertel
23/02/2024 Duración: 15min“Daar is meriete en kuns in alles, van klassieke musiek tot Rina Hugo se treffers tot metal musiek. Ek geniet dit verskriklik om alles te ontleed.” Maroela Media
-
Liedjieskrywer vind haarself in Afrikaans
19/02/2024 Duración: 09min“Nou luister ek verskriklik baie Afrikaanse musiek, kyk Afrikaanse rolprente en lees Afrikaanse boeke. Dit is dinge wat ek ook nooit voorheen gedoen het nie.” Maroela Media
-
Steve skryf roerende liedjie vir sy skattige Romy-Lee
15/02/2024 Duración: 22min“Die goed wat in daai liedjie geskryf is, kan jy eers verstaan as jy self ʼn ouer word, en hierdie neurose sak oor jou neer en jy kom agter jy is in beheer van hierdie kind se lewe.” Maroela Media
-
Franja, Ruan sing oor liefde vir SA
12/02/2024 Duración: 13min“Dis ʼn voorreg om so ʼn groot projek saam met jou sussie te kan aanpak. Ek dink nie baie mense kry die voorreg om as familie so te kan saamwerk nie en ons verstaan mekaar so goed.” Maroela Media
-
‘Bravo’ se Ewan Strydom leef nou TV-passie uit
04/02/2024 Duración: 15min“Ek was net op ʼn punt waar ek besef het dat ek op my passie moet begin fokus. Alhoewel dit ʼn moeilike besluit was, glo ek dit was die regte besluit.” Maroela Media