Nb Publishers

H&R-boekgesprek: Rachelle Greeff gesels met Dianne Du Toit Albertze oor bottelnek breek bek

Informações:

Sinopsis

In hierdie episode van ons podsending gesels dramaturg en skrywer Rachelle Greeff met Dianne Du Toit Albertze oor haar debuutroman, bottelnek breek bek. Melody Seherrie van die NRO Gender Dynamix vertel meer oor die organisasie en Amy Brown vermaak die gehoor met haar toonsetting van liedjies wat in die boek beskryf word. Die podsending is opgeneem tydens die bekendstelling op Saterdag 30 Julie 2022 by Bertha House in Kaapstad. Waaroor gaan Bottelnek breek bek? Dianne Du Toit Albertze se debuutroman is 'n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend. Bestel bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798182669 Foto: Cyan Peppah Musiek: “Fishing” by Crowander (https://freemusicarchive.org/music/crowander/acoustic-miniband-acoustic-minimals/fishing/)