Nb Publishers

Tafelberg-boekgesprek: Tertius Kapp gesels met Carien Smith oor Bot

Informações:

Sinopsis

In hierdie episode van NB-Uitgewers se podsending gesels Tertius Kapp met Carien Smith oor haar verrassende, onderhoudende kortverhaalbundel, Bot. In hierdie ambisieuse debuutbundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende ─ dog onmiddellik herkenbare ─ tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die "alledaagse". Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit? Hierdie episode is tydens 'n Exclusive Books-webinaar opgeneem. Bestel jou eksemplaar by jou naaste tak of hier aanlyn: https://www.exclusivebooks.co.za/product/9780624092872