Radio Scriptura

Pastoraal - Enkellopend en Alleen

Informações:

Sinopsis

Hoekom kan sommige mense nie iemand vind wat by hulle pas nie?  Is daar fout met hulle, of is daar rede tot kommer?  Is dit goed as trou en maat soek jou top lewensdoelwitte word?  Watter invloed het die sekulêre wêreld se danke op jong mense en die huwelik?  Wat is die ware redes in die Skrif vir die heilige huwelik, en hoekom gaan sommige van ons ongetroud bly?  Hoe kan ons met die enkellopendes in die kerk simpatiseer, hulle aanmoedig en ondersteun in die gemeenskap van die heiliges?  Wat kan enkellopendes self ook doen om hul gawes in die koninkryk te gebruik, goeie vriende te maak op die regte plekke, en vir die regte redes?