Klipkouers Potgooi

Informações:

Sinopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin.

Episodios

  • Episode 54 (Deel 1): Johan Stemmet

    31/03/2017 Duración: 22min

    Jacques Basson — Wat ‘n wonderlike voorreg om met ‘n Suid Afrikaanse ikoon te kon gesels! Behalwe dat Johan Stemmet ‘n baie nederige en aangename mens is, is hy ‘n ongelooflike bron van praktiese besigheidsraad en boonop self ‘n baie suksesvolle besigheidsman.

  • Klipkouer Kragklont: Johan Stemmet Bonus Vraag 1

    29/03/2017 Duración: 02min

    Jacques Basson — Sekerlik elke Afrikaner ken vir Johan Stemmet en het al ten minste één keer in hul lewens die mees suksesvolle Afrikaanse televisieprogram, Noot vir Noot, gekyk. Wie sal ooit daai snoesige Saterdagaande saam met die gesin voor die televisie kan vergeet?

  • KPS Episode 4: Johan Eksteen

    24/03/2017 Duración: 22min

    Jacques Basson — Die beste manier om te leer is by die bestes, en ons vorige potgooi bevat ‘n onderhoud met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen – Klipkouers ontleed sy fassinerende storie en bekyk verskeie faktore wat die kern vorm van moderne entrepreneurskap.

  • Episode 53: Johan Eksteen

    17/03/2017 Duración: 35min

    Jacques Basson — Hierdie week gesels Klipkouers met 2016 se Entrepreneur van die Jaar, Johan Eksteen. Sy besigheid, Agricon Pelleting, vervaardig verpillingstoerusting en is tans ‘n wêreldleier in hierdie bedryf. Die dryfveer agter Agricon is om gedurig nuwe oplossings te vind en waarde vir sy kliënte toe te voeg. In Johan se wyse woorde: “Ons voeg waarde by, maar ons skep ook waarde.”

  • Klipkouer Kragklont: Johan Eksteen Bonus Vraag

    15/03/2017 Duración: 01min

    Jacques Basson — Klipkouer Kragklont: Johan Eksteen Bonus Vraag

  • KPS Episode 3: Antoinette Badenhorst

    10/03/2017 Duración: 18min

    Jacques Basson — Ek en mede-entrepreneur Tiaan de Jager delf dieper in die vorige week se potgooi onderhoud vir vars besigheidsidees en advies! Vandag gesels ons oor aanlyn kursusse en –opvoeding en hoe dit besig is om ou-wêreldse denkwyses onherroeplik te verander – en dis ‘n baie goeie wending! Deur hierdie middele te benut, kan énige persoon hom- of haarself opvoed en praktiese kennis opbou, wat baie voordelig in die werkplek is, asook vir aspirant entrepreneurs. So ook kan kenners hulle vaardighede en kennis op ‘n baie eenvoudiger en effektiewe manier met die massas deel.

  • Episode 52: Antoinette Badenhorst

    03/03/2017 Duración: 27min

    Jacques Basson — Antoinette Badenhorst is gebaseer in Amerika as 'n pottebakker maar sy is nie sommer enige pottebakker nie.

  • Klipkouer Kragklont: Antoinette Badenhorst Bonus Vraag

    01/03/2017 Duración: 02min

    Jacques Basson — Klipkouer Kragklont: Antoinette Badenhorst Bonus Vraag

  • KPS Episode 2:  Pieter Kruger

    24/02/2017 Duración: 21min

    Jacques Basson — Welkom by die Klipkouer Prontuit Sessie oftewel KPS, waar addisionele praktiese advies wat uit die vorige week se potgooi onderhoud uitgegrou word in ’n bespreking deur my, Jacques Basson en mede-entrepreneur, Tiaan de Jager. KPS Episode 2 is dan uit my onderhoud met professor Pieter Kruger van Cognacity UK.

  • Episode 51: Pieter Kruger

    17/02/2017 Duración: 25min

    Jacques Basson — Pieter Kruger is ‘n kliniese sielkundige wat tans in Londen praktiseer onder die vaandel van Cognacity UK, waar hy onder andere met  wêreldklas sportspanne werk.

  • Klipkouer Kragklont: Pieter Kruger Bonus Vraag

    15/02/2017 Duración: 01min

    Jacques Basson — Klipkouer Kragklont: Pieter Kruger Bonus Vraag

  • KPS Episode 1: Denise Hattingh

    10/02/2017 Duración: 23min

    Jacques Basson — Klipkouer Prontuit Sessie Episode 1. Luister na Klipkouers se nuwe inisatief genaamd “Klipkouer Prontuit Sessie” (KPS), waar ek, Jacques Basson en mede-entrepreneur Tiaan de Jager dieper delf in verlede week se onderhoud vir vars besigheidsidees en advies.

  • Episode 50: Denise Hattingh

    03/02/2017 Duración: 27min

    Jacques Basson — Vandag gesels Klipkouers met Denise Hattingh, ‘n klipkouer uithouer en aanhouer en besturende direkteur van KEU Underwriting Managers. Hulle spesialiseer in korttermynversekering vir die vermaaklikheidsbedryf - spesifiek die filmbedryf in Suid Afrika.

  • Klipkouer Kragklont: Denise Hattingh Bonus Vraag

    01/02/2017 Duración: 03min

    Jacques Basson — Klipkouer Kragklont: Denise Hattingh Bonus Vraag

  • Episode 49: Jackie Strydom

    27/01/2017 Duración: 20min

    Jacques Basson — Jackie Strydom se eg Suid-Afrikaanse restaurant, Liefie, is 'n treffer in Texas.

  • Klipkouer Kragklont: Jackie Strydom Bonus Vraag

    25/01/2017 Duración: 02min

    Jacques Basson — Klipkouer Kragklont: Jackie Strydom Bonus Vraag

  • Episode 48: Hardus Blignaut

    20/01/2017 Duración: 30min

    Jacques Basson — Hardus Blignaut is die stigter van die baie bekende klere handelsmerk en besigheid, Kakiebos.

  • Klipkouer Kragklont: Hardus Blignaut Bonus Vraag

    18/01/2017 Duración: 03min

    Jacques Basson — Hardus Blignaut is die stigter van die baie bekende klere handelsmerk en besigheid, Kakiebos.

  • Episode 47: Willie Hamman

    13/01/2017 Duración: 26min

    Jacques Basson — Luister hoe Willie Hamman sy besigheid, Star Pops, met 100% in 2016 gegroei het.

  • Klipkouer Kragklont: Willie Hamman Bonus Vraag

    11/01/2017 Duración: 02min

    Jacques Basson — Luister hoe Willie Hamman sy besigheid, Star Pops, met 100% in 2016 gegroei het.

página 11 de 15