Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Pastoraal: Angs en Vrees
15/06/2021 Duración: 47minOpsomming: 02:17 Wat is angs en vrees en hoe lyk dit? 16:00 Wat is die Bybel se antwoord? Matt 6:25-34 en Fil 4:6 22:50-23:21 Die Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie. 23:24 Hoe moet ons angs en vrees hanteer? 31:38 Bekommernis - redes vir verkeerde hartsgesindheid. 35:34 Praktiese raad/toepassing van Bybelse beginsels. 38:58 Identifiseer die vyand en die leuen.
-
PEPUDA: Voorgestelde wetgewing en godsdiensvryheid
08/06/2021 Duración: 51minVoorgestelde PEPUDA wetgewng en godsdiensvryheid Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jonker Venter, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer 01:14 Promotion of equality and prevention of unfair discrimination. 02:34 Wat is die PEPUDA konsep wetgewing? 25:45 Wat moet christene en die kerk nou doen? 39:50 Hoe dra gelowiges hierdie soort vervolging?
-
Mei in Perspektief
01/06/2021 Duración: 37minMei in Perspektief 01:48 Nagwaak vir Jacob Zuma. 07:00 Polities-teologiese beskouing. 10:55 Waarskuwing aan leiers (Jesaja 5:20). 12:22 Kerk en staat moet geskei wees. 16:21 Toenemende korrupsie in die ANC - wat is ons hoop en behoud? 17:27 God sal die perfekte oordeel fel - vergeldingsteologie (Ps 7:16). 20:30 Vertrou op die Here (Ps 37). 21:15 Ons het ‘ n roeping hier (1 Kor 17). 22:37 Konflik tussen Israel en Palestina. 24:00 Eindtye - hoe moet ons Israel sien? 29:00 Redding kom slegs deur Jesus Christus (Matt 24:13-14). 33:08 Kerk moet aan die Here onderwerp - Tweede bede van die Onse Vader (Sondag 48 van Heidelbergse Kategismes).
-
Wat is die Evangelie?
24/05/2021 Duración: 01h08min00:00 Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee 02:50 Wat is die evangelie? (1 Kor 15, Gal 1:8-9) 12:22 Die slegte nuus - sondeval. (Genesis, Ef 2) 19:09 Ons kan onsself nie red nie. 28:12 Wat is die barmhartigheid van God? (Rom 3:21) 37:20 Hoe word ek regverdig voor God? 39:19 Wat is die rede waarom God my uit die dood opgewek het? (2 Kor 5:21) 45:35 Jesus se kruisiging het versoening tussen mens en God gebring. 48:04 Geloof (gawe van God) is die kanaal waardeur ons gered word. 48:59 Opdrag: glo die goeie nuus dat Jesus jou sonde op die kruis betaal het. 51:40 Waarvoor het God ons kom red? (Rom 6) 56:00 Wat is die implikasies van die evangelie? 59:49 Hoe lyk die dankbaarheidslewe van die gelowige? (1 Kor 2) "As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!" (Gal 1:9)
-
Ampte: Die Amp van Predikant
11/05/2021 Duración: 58min00:00 Ampte: Die Amp van Predikant 03:04 Is predikante afsonderlik/los van die ander ampte, of leerende ouderlinge, mede-ouderlinge, herders en leraars? 13:31 Wat is die kwalifikasies en karakter van 'n predikant? 36:38 Wat is 'n preek, en woordverkondiging? 50:46 Hoe lyk die praktiese die bediening van 'n predikant in 'n gemeente?
-
Ampte: Die amp van Ouderling
27/04/2021 Duración: 53minAs God 'n man roep om 'n ouderling te wees, sal Hy hom ook toerus om die werk te doen. Die roeping van die ouderling sal hom dryf om soos 'n herder sy lewe af te lê vir die skape (Johannes 10:11). Ouderlinge is voorbeelde vir die kudde, en ons lees in 1 Pet 5 hoe die opsiener/ouderling se hart moet lyk en hoe hy die kerk as kudde behoort te dien. Ouderlinge moet die waarheid verdedig (Handelinge 20:27), en 'n ouderling se wapen is die woord (2 Tim 3:16-17). In die lig van 1 Timoteus 3:1-7 is 'n ouderling 'n christenman met 'n karakter bo verdenking, en hy staan in diens van en onder die leiding van die Heilige Gees (Handelinge 1:8). Die werk van die ouderling is 'n uiters verantwoordelike taak, en moet geensins ligtelik opgeneem word nie. "My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word" (Jak 3:1). Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer. Opsomming: 00:00 Ampte reeks: Amp van Ouderling 02:08 Wann
-
Luisteraarsvrae: Hoe beskerm ek my kind teen pornografie?
20/04/2021 Duración: 34minPornografie is die sonde van ons tyd waaroor niemand praat nie. In hierdie episode hanteer Jonker Venter en Marnix Boersema 'n baie ongemaklike kwessie naamlik pornografie of onsedelikheid. Pornea is die breë term in die Bybel wat alle seksuele onsedelikheid, met ander woorde onbybelse, onreine en onvanpaste seksuele gedrag, as sonde uitwys. Pornografie en onsedelikheid floreer in die geheim, en dit verwelk as dit oopgemaak en belei word. Die evangelie is die beginpunt. 01:00 Hoe beskerm mens jou kinders/tieners teen pornografie? 03:20 Waar begin 'n mens? Romeine 1 verwys na die mense se sondige hart. 12:33 Rig jou kind af, wees self die mentor. 1 Kor 6:18 Leer dat pornografie sonde is. 17:24 Moedig openlike gesprekke en sondebeleidenis aan. 18:00 Praat met kinders oor seksualiteit en onsedelikheid. 19:31 Die evangelie bring bevryding van alle sonde, maar daar moet bekering kom. 22:01 Deel van 'n ouer se taak is om godsvrees vir sy kinders te leer. 23:12 Leer die ernstige gevolge van pornea/hoerery. 25:46 Pra
-
Ampte: Amp van Diaken
13/04/2021 Duración: 43min00:00 Amp van Diaken 01:39 Wat is 'n diaken? Definisie - dienskneg in die kerk (Hand. 6) 13:09 Wat is die kwalifikasies van 'n diaken? (1 Tim. 3:8-13) 18:33 Wat is die rol en werk van 'n diaken? (Hand. 2:44,45; 4:32-37; 5:2; 6:1; 11:29-30) 27:00 Hoe kan die kerk bybelse diakens oplei? (2 Tim. 2:2) 32:30 Verhouding tussen diakens en ouderlinge (Hand. 6:1-6; Hand. 20; Heb. 13:7-17). 38:20 Verhouding tussen diakens en kerk.
-
Perspektief: Maart 2021
06/04/2021 Duración: 41min00:00 Perspektief: Maart 2021 02:07 Begrafnisse vir ongebore babas 11:25 Inentingspaspoorte 20:52 Die aanvalle in Mosambiek
-
Ampte: Roeping
30/03/2021 Duración: 38minAmpte: Roeping Elke gelowige het ’n roeping – die roeping om gelowige te wees in die wêreld. Maar gelowiges het ook n roeping binne die kerk om met hul gawes die medegelowiges te dien deur middel van die spesifieke ampte. 02:10 God roep deur die evangelie. Hoe vervul gelowiges hul roeping in die wêreld? 03:54 God werk in en deur Sy kerk. 07:00 Primêre roeping - God roep elke mens na Jesus toe om Hom te volg. 08:24 Gawes gaan ‘n gemeente vooraf, en is bedoel om God en die gelowiges te dien. 16:00 Ons moet ampte in die kerk reformeer. 16:35 Hoe lyk die spesifieke roeping van ampsdraer in die kerk? 20:50 Gelowiges word gedring deur die Gees tot ‘n spesifieke roeping. 25:13 Roeping is ‘n innerlike dryf deur die Gees en ‘n uiterlike getuienis na die gemeente, wie dit ook bevestig. 30:35 Bekwaamheid en gewilligheid kan nooit ‘n plaasvervanging wees vir die roeping van ampte nie. 32:00 Roeping moet reformeer: verstaan roeping, en hou by standaard en kwalifikasies wat die Woord stel. 32:46 Gebed staan sentraal i
-
Ampte: Die Amp van Gelowige
23/03/2021 Duración: 35minAmpte: Die Amp van Gelowige Hierdie inleidende episode van die Ampte in die kerk, skets die breë trekke van die ampte, hoe pas ampte/dienste in die kerk, hoekom is ampte nodig, en wat is die gereformeerde kerkbeskouing van die ampte. Die Here, Jesus Christus, het die ampte ingestel, en die Christen word geroep om in die amp van gelowige in die kerk te staan, asook buite die kerk te getuig in die uitleef van sy/haar geloof in die samelewing. Artikel 29 van die Nederlandse geloofsbeleidenis verduidelik wat 'n ware kerk is en hoe haar lidmate lyk. 2:10 Die amp van gelowige. 3:00 Hoe pas die ampte in die kerk in? 7:35 Is die ampte vir die kerk nodig en hoekom? 14:05 Wat beteken die amp van die gelowige? Efesiërs 1:3-23 23:10 Die doel van die gelowige se bestaan is aanbidding. 31:24 Elkeen word geroep om in die amp van gelowige te staan. 31:42 NGB Artikel 29 - hoe lyk die lidmate van die ware kerk?
-
Ouerskap: Bybelse Kind-wees
16/03/2021 Duración: 55minOuerskap: Bybelse Kind-wees 1. Inleiding a. Afbakening: Episode is hoofsaaklik vir kinders in huis, nie as volwassenes nie. b. Luister ook ander episodes in reeks, veral Ouerskap: Dissipline. 2. Ek moet my ouers alle eer bewys. a. Pa sowel as ma (nie teen mekaar afspeelnie). b. Wees lief vir jou ouers. 3. Wat as ek voel my ouers is verkeerd? a. Erken hulle is sondaars, net soos jy. b. Moenie dadelik spring na twyfel in hulle goeie bedoelings nie. c. Wees ʼn kind vir jou ouers soos wat jy kind van God is. d. As jy steeds voel jou ouers is verkeerd? i. God het ouers oor kinders aangestel met ʼn goeie doel - vertrou Hom. ii. Ouers is deur God aangestel, maar het self perke. 4. My rol as kind in my ouerhuis. a. Kommunikeer met jou ouers b. Behulpsaam en diensbaar i. Seuns ii. Dogters c. Verhouding met broers en susters
-
Ouerskap: Bybelse Ma-wees
09/03/2021 Duración: 53min4:04 1. Die skepping van die mens - Eva is geskep na God se beeld - Eva is geskep as hulp wat by Adam pas 21:30 2. Bybelse vrou-wees - In die samelewing - In die huwelik (Efesiërs 5) 31:47 3. Bybelse ma-wees - Die gevolge van sondeval - Wat beteken 1 Tim 2:15? 49:17 - Prakties: eer God en wees gehoorsaam in rol as vrou en moeder
-
Februarie in Perspektief
02/03/2021 Duración: 59minAustraliese wetsontwerp teen homoseks-bekering, James Coates gearresteer na oortreding van Covid-19 regulasies, Twee sterftes van Ravi Zacharias 1:19 Australiese wetsontwerp teen homoseks-bekering. 21:40 Kanadese predikant, James Coates, gearresteer en verbied om te preek weens oortreding van Covid-19 grendelregulasies. 38:50 Die twee sterftes van apologeet, Ravi Zacharias.
-
Ouerskap: Bybelse Pa-wees
23/02/2021 Duración: 47minBybelse Pa-wees vloei vanuit God se skeppingsorde vir die mens en die huwelik met die man as hoof van sy gesin. Ons moet Pa-wees deur die lens van God se verbond met Sy volk sien. 3:43 Om my rol as man in die lig van God se skeppingsorde uit te leef. 6:43 Jy kan nie ‘n Bybelse pa wees as jy nie ‘n verhouding met God het nie. 9:50 Man moet verantwoordelikheid vat van hul huis en gesin. 19:32 Om my rol as man in my huis in die lig van God se plan met die huwelik uit te leef. 26:50 Vaders moet hul kinders help om God se wil te ontdek, nie hul eie nie. 27:58 Om my rol as vader van my kinders in die lig van my hemelse Vader uit te leef. 32:46 Die vader speel ‘n kardinale rol met die vind van ‘n lewensmaats. 34:45 Om my rol as verbondsouer in die lig van God se verbondsbeloftes uit te leef. 39:36 Die pa moet sy vrou en gesin begelei na die troon van genade.
-
Luisteraarsvrae: Die lewe na die dood, engele, gerubs en serafs.
16/02/2021 Duración: 38min02:10 Wat gebeur met gelowiges en ongelowigtes na die dood? 06:19 Die siel van gelowiges en ongelowiges is onsterflik. 13:58 In die hiernamaals is gelowige en ongelowige bewus van hul omgewing. 17:35 Wat is die verskil tussen serafs, gerubs en engele? 23:57 Gerubs is engele wat oor God se heiligheid waak. 30:32 Serafs is engele wat God se heiligheid besing. 35:03 Christene hoef nie demone te vrees nie.
-
Ouerskap: Dissipline
09/02/2021 Duración: 44minOuers is deur God aangestel oor die kinders en word geroep om met gesag kinders in hierdie lewe te lei. Ouers moet binne die Bybelse grense optree as hulle kinders sondig en ouers mag ook optree wanneer hulle kinders sondig. 4:24 Die punt van Bybelse dissipline is hartsverandering van kinders. 8:34 Hoe kan ek as herder my kind lei dat hy/sy by die Here uitkom? 16:43 Ouers moet konsekwent wees in hul dissipline. 22:00 Vaders se foutiewe gedrag reflekteer dikwels ‘n verwronge beeld van God, die Vader. 29:20 Dis belangrik dat kinders Bybelse gesagsordes verstaan. 36:40 Dissipline wat nie in liefde gedoen word nie, is onbybels en lei tot mishandeling. 39:40 Dit is belangrik om vergifnis te vra wanneer ouers gefouteer het.
-
Perspektief: Januarie 2021 - Eredienste en huidige regulasies van die regering
29/01/2021 Duración: 01h23min1. Hoe gemaak met die regering se Covid-19 regulasies? 1.1. FOR SA se saak teen die regering oor eredienste. 2. Hoe dink die kerk Bybels oor die opskorting van eredienste? 2.2. Hoe hanteer kerkrade en christene verskille aangaande die opskorting van eredienste en die regering se regulasies?
-
Ouerskap: Ouerskap is Herderskap
26/01/2021 Duración: 42minHerderskap definieer die verhouding wat ouers met hul kinders behoort te hê. Die Here verwag van ons om ons kinders op te voed tot Sy eer. 5:33 Waarom is herderskap nodig? 15:08 Wat het ons kinders nodig? 17:36 Wat is herderskap NIE? 23:54 Herderskap is om eerlik, opreg en regverdig te wees. 31:11 Hoe lyk herderskap in die praktyk?
-
Ouerskap: Wat is vir God belangrik mbt ouerskap?
19/01/2021 Duración: 45minDie leer en lewe van ouers moet in pas wees met God se skeppingsplan en verbond met Sy volk. Die beeld van God as Vader van Sy kinders, en Sy woord as basis waaruit ons kinders opvoed, is die fondamentele riglyne vir Christen ouerskap. Die nuwe reeks oor ouerskap begin met 6 raakpunte: 02:11 Wat is bybelse ouerskap? Herderskap Dissipline Bybelse pa-wees Bybelse ma-wees Bybelse kind-wees 11:19 Waarin is ouerskap gesetel? God se skeppingsdoel God se verbond met Sy volk 20:00 Wat modelleer ouers se verhouding met Christus aan hul kinders? Verbondsgemeenskap Beeld van Vaderskap 29:16 Hoe leer ons ons kinders van God? Voed kinders op vir God en nie vir onsself nie 37:24 Gee die aflosstokkie aan. Modelleer God se wêreldbeeld 43:38 Die voorbeeld van Timoteus. 2 Timoteus 1:5 Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is. 2 Timoteus 1:13-14 Neem die woorde wat jy van my gehoor he