Radio Scriptura

  • Autor: Vários
  • Narrador: Vários
  • Editor: Podcast
  • Duración: 199:47:30
  • Mas informaciones

Informações:

Sinopsis

Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!

Episodios

  • Gebed: Laat U naam geheilig word

    20/09/2022 Duración: 35min

    In die eerste bede van die Onse Vader gebed sien ons dat God se naam heel eerste staan, en dus is hierdie gebed ook in lyn met die eerste gebod van die tien gebooie. Wat beteken dit om te bid "Laat U naam geheilig word"? Hoe openbaar God homself aan ons? Waarom moet juis die naam van God geheilig word? Jesus het God verheerlik, en Hy is self deur God verheerlik. Gelowiges ontvang die genade om God drie-enig ook reg te ken en te aanbid.

  • Gebed: Ons Vader wat in die hemel is

    13/09/2022 Duración: 42min

    "Ons Vader" verwys na 'n persoonlike verhouding met God, maar ook na 'n Vader van 'n geloofsfamilie. God is die liefdevolle Vader van Sy geliefde verbondsvolk. Ons Vader God wil vir gelowiges binne Sy verbondgemeenskap sorg en voorsien soos 'n vader aan sy geliefde kinders. As gelowige verbondskinders van God mag ons na Hom uitroep as ons hemelse Vader. In gebed praat Christene dus met die almagtige God, en Hy is in die hemel, omdat Hy 'n hoër krag is. Die christelike geloof is uniek in hierdie sin dat Christene die enigste lewende God aanbid, en ons met 'n lewende verhouding met Hom begenadig en geseën word.

  • Gebed: Inleiding tot die Onse Vader

    06/09/2022 Duración: 26min

    Wie is die god tot wie ons bid? Is ons gebede veronderstel om op ons gevoel te rus, en wat het ons skrifstudie met ons gebede te doen? Gebed kom nie natuurlik vir die mens nie. Daarom is die vraag: hoe lyk die model gebed? Die derde episode van Scriptura se gebedsreeks kyk na die inleiding tot Onse Vader deur middel van die Heidelbergse Kategismus. Jesus het self baie gebid, hoeveel te meer nie ons nie? Jesus se dissipels het Hom gevra om hulle te leer bid, en dan antwoord Hy met die Onse Vader gebed in Lukas 11 wat die beste model van gebed is, omdat dit op aanbidding fokus en God korrek aanspreek en op Sy regmatige plek as God plaas. Die Onse Vader som op wat ons moet sê en vra. Ons kry 'n vaste troos dat God sal hoor en verhoor ter wille van Christus.

  • Perspektief: Augustus 2022

    30/08/2022 Duración: 33min

    Scriptura bespreek twee baie ernstige sake van die afgelope tyd op hierdie perspektief episode van Augustus 2022, naamlik Noordwes Universiteit Potschefstroom kampus se geslagsbewustheidsweek en verrigtinge in terme van geslagtelikheid en "diversiteit". En tweedens, die groot pornografie krisis wat Suid-Afrika nou in die gesig staar waarin kinders so jonk soos vyf jaar alreeds vir pornografieverslawing behandeling ontvang. Wat kan ons as ouers doen om ons kinders voor te berei en op te lei om al die aanslae van die satan teen te staan, want "liefde laat nie die leuen toe nie", sê Marnix Boersema.

  • Gebed: Hoe en wat bid ons?

    23/08/2022 Duración: 39min

    Gebed episode 2: Hoe en wat bid ons? God eis gebed van ons, omdat Hy ons die Heilige Gees en alle goeie dinge wil gee. Thomas Watson het gesê: "Prayer, as it comes from the saint, is weak and languid but when the arrow of a saint’s prayer is put into the bow of Christ’s intercession, it pierces the throne of grace."

  • Luisteraarsvraag: Praktiese wenke vir Evangelisasie

    16/08/2022 Duración: 59min

    Vandag se luisteraarsvraag: "Hoe kan jy plaaslik evangelisasie doen? Veral op soek na praktiese hulp en raad vir lidmate en predikante."  Die Scriptura span antwoord die vraag deur twee maniere van evangelisasie te bespreek, naamlik organiese en georganiseerde evangelisasie.

  • Gebed: Waarom bid ons?

    09/08/2022 Duración: 43min

    Waarom bid ons? Wat is die hart van gebed? Is ons afhanklik van gebed tot God? Het ons gebed nodig, en hoekom eis God dit van ons? Antwoord God altyd ons gebede? Waar pas die geloof van gelowiges se gebede tot God in? Hoe vra ons volgens God se wil? Gebruik God gebed as 'n middel in Sy almag? Gebed is 'n opdrag, 'n genademiddel, 'n vertroosting, 'n danksegging en 'n absolute noodsaaklikheid vir die bestaan en oorlewing van die kinders van God. Die wese van gebed is gesprek met ons hemelse Vader. Jesus het self vir Sy dissipels die Onse Vader gebed geleer. Ons gebede moet 'n nederige reaksie wees op wie die Here Jesus werklik is.

  • Ons hoop in Christus: Die Here het medelye met ons

    02/08/2022 Duración: 34min

    Waarin lê ons hoop wanneer ons versoeking, smart en seerkry beleef? Wie op aarde of in die hemel het alle denkbare pyn, vernedering en marteling reeds ervaar? Net ons hoëpriester, Jesus Christus, kan volkome medelye, simpatie en empatie met die pyn van Sy kinders op aarde hê, omdat Hy dit self beleef en verdra het. En meer nog, omdat Hy sonde en dood, sonder om self te sondig, oorwin het aan die kruis. Deur die kruisdood van Christus verkry ons toegang tot die troon van genade.

  • Perspektief: Julie 2022

    25/07/2022 Duración: 47min

    Scriptura bespreek die bekering van oud satanis, Riaan Swiegelaar, voormalige medestigter van die sataniese kerk in Suid-Afrika. In 'n publieke onderhoud het hy sy onlangse bekering onthul, maar toon geen sondebesef nie, gee geen eer aan Jesus Christus nie, en het geen planne om weg te draai van sy sondige lewe en godslasterlike sataniese praktyke nie. Hy verkondig 'n vreemde jesus en 'n soort "liefde" waarvan die Bybel nie leer nie. Die waarheid is: die Skrif alleen gee 'n ware perspektief op alles in die lewe, en in alle ware christene se lewe geniet die Woord van God heel hoogste prioriteit en dra dit ook die hoogste gesag. Jesus Christus staan absoluut sentraal in ware christene se lewens, en God alleen regeer oor alles.

  • Ons hoop in Christus: Die Here is by jou en hoor jou gebede

    19/07/2022 Duración: 39min

    Die gelowige psalmdigter van Psalm 10 roep uit na die Here sy God, omdat hy weet dat God hom altyd hoor. Hy begin sy uitroep om hulp met gebed tot sy hemelse Vader, Hoëpriester en Profeet, wat altyd antwoord. Hy hardloop met sy wanhopige emosies in God se veilige teenwoordigheid in, omdat hy net in God 'n vaste anker en 'n lig in sy donker stryd kan vind. God is altyd naby, alhoewel ons regdeur ons christenreis op aarde die worstelstryd moet stry teen sonde en boosheid. Wees verseker; God is koning vir ewig en vir altyd, en Hy sal geregtigheid laat seëvier op Sy soewereine tyd.

  • Ons hoop in Christus: Die Here is 'n rots in ons lewensstorms

    12/07/2022 Duración: 34min

    Die Here is ons Rots en veilige vesting by wie ons altyd kan skuil in alle omstandighede, maar ook in die storms van ons lewe, want Hy is getrou. Psalm 61 is 'n klaaglied van David waarin hy die Here smeek om Hom te lei en te beskerm terwyl hy in nood verkeer, wegkruip en vlug vir sy vyande. Ons mag uitroep na God in ons vrees en benoudheid net soos David, en God gee ons die beskerming wat Hy regdeur Sy woord aan ons belowe. Mag ons dan ook tot die Here sing, en God vereer vir Sy goedheid dag na dag.

  • Roe v. Wade aborsie wetgewing omgekeer

    05/07/2022 Duración: 22min

    Die aborsie hofsaak van 1973 van Roe versus Wade is deur die hofsaak van Dobs versus Jackson omgekeer, en die Amerikaanse state sal nou self oor die afkeur of toestaan van aborsies moet beslis. Goeie nuus is wel dat aborsie van 'n gesonde baba na 15 weke dus nou weer onwettig is in Amerika. So wat is ons rol as Christene in die samelewing ten opsigte van hierdie sake? Hoe kan die kerk standpunt inneem en grond wen vir die koninkryk van God? Wat kan christene in Suid-Afrika doen om die sonde van aborsie teen te staan? Ons oorwinning lê in die woord van ons getuienis en in die bloed van die Lam … soos vir ons opgeteken in Openbaring 12:11.

  • Perspektief: Junie 2022

    27/06/2022 Duración: 44min

    Scriptura gesels in Junie 2022 se perspektief opname oor twee onderwerpe. Eerstens, die Covid-19 inperkings en maatreëls wat nou weggeneem is, en dan die godslasterlike transgender revolusie wat chaos op alle vlakke van die samelewing veroorsaak.

  • Ons hoop in Christus: Die teenwoordigheid van die Here

    21/06/2022 Duración: 27min

    Ons hoop is in Christus en in hierdie episode kyk Scriptura na die teenwoordigheid van die Here.  Die Here is vir ons 'n wegkruipplek, die Here loop vir ons voor en lei ons, en die Here bring verlossing deur Sy teenwoordigheid.  Die Psalms is vol van hoop en verwagting op die redding van die Here, en Hy stel nooit teleur nie. Psalm 42 en Psalm 43 loop saam, en laasgenoemde se opskrif lui "Hoop op God!" En vers 2 gee die rotsvaste rede, "want U is die God van my toevlug….". In die gebed roep die psalmdigter uit na God om in te gryp in sy donker toestand. God is naby en kragtig, en die digter vertrou dat alles van God afhang. En dan konfronteer hy weer sy eie siel om op God te hoop, "want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!" Hy plaas sy vertroue op God, op wie ons mag hoop en na wie ons kan opkyk, in alle lewensomstandighede. Immannuel - God met ons. Sy beloftes en teenwoordigheid is vas, en Hy red Sy kinders tot eer van Sy naam en Sy koninkryk. 

  • Ons hoop in Christus: die soewereiniteit van God

    07/06/2022 Duración: 38min

    00:39 Ons hoop in Christus Romeine 8:28-39 03:37 God se soewereine raad en God se onveranderlike liefde 06:52 Raadsplan/soewereiniteit van God 09:41 Uitdaging van seerkry 11:47 Soewereiniteit strek tot voor ons redding 18:29 Beproewings en heiligmaking 24:30 God se onveranderlike liefde is ons vaste versekering 28:55 Ten spyte van ons sonde offer God sy Seun 30:10 Meer as oorwinnaars 33:10 Heilige Gees tree vir ons in by God Skrifverwysings: Job, 1 Kor 15, Jak 2, Heb 12, Heb 4, Joh 14-16

  • Perspektief: Mei 2022

    31/05/2022 Duración: 50min

    Scriptura bespreek drie nuusgebeure wat skerp reaksie uitgelok het die afgelope maand vanuit 'n christelike perspektief:  'n blanke student wat op 'n swart student se besittings urineer het op die Stellenbosch kampus, die naam van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl kom in gedrang, en laastens die massamoord by 'n laerskool in Texas.  Aanbieders: Jaco de Beer, Gerhard van Rhyn 00:00 Perspektief Mei 2022 03:10 President Ramaphosa se brief 03:35 Student beskadig eiendom 12:30 Sonde probleem 16:05 Vergifnis van God 18:48 Afrikaanse Taalmonument 23:00 Waaraan hou ons die styfste vas? 33:47 Massa-moord by Texas laerskool 42:10 Goddelose wereld 48:40 Kerk se roepingstaak Skrifverwysings: Hand 17, Ef 2:11-22, Joh 17, Joh 10, Rom 1, Skakels: Todd Friel/Wretched Radio: https://youtu.be/PJg3DGBfrw4

  • Ons hoop in Christus - Ons ware hoop en troos

    24/05/2022 Duración: 43min

    "Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”" Openbaring 21:4-5 00:40 Ons het ware hoop en troos 04:50 Wat beteken dit om geregverdig te wees? 14:18 Wat is die begin van ons troos? 19:15 Kan ons bly wees in ons verdrukking? 22:55 Wat is lydsaamheid? 31:15 Hoe troos die kruis ons? 35:00 Kruis gee ewige verlossing 38:45 Geregverdig deur die geloof 41:27 Die voleinding van ons troos Skrifverwysings: Rom 5:1-10, Hand 13, Heb 12, Rom 8, II Kor 4 en 5, Ef 1, Petrus, Op 21:4

  • Ons hoop in Christus - Ons lewende hoop en blydskap

    17/05/2022 Duración: 47min

    Ons het 'n lewende hoop, want ons is saam met Christus opgewek. Ons het 'n erfenis wat nie vergaan nie, en ons word bewaar. En ons kan ook in blydskap leef, want ons swaarkry is sinvol en ons is reeds verlos. 00:00 Ons hoop in Christus 04:32 Ons lewende hoop 26:55 Ons blydskap 44:00 Lewendige hoop Skrifverwysings: 1 Pet 1:1-9, Matt 6, Heb 11:13, 1 Kor 15, Ps 23, 1 Tess 4, Joh 14, Dortse leerreëls hs 5 par 9-10, 2 Pet Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee, Gerhard van Rhyn, Jaco de Beer

  • Ons hoop in Christus: Die Here gee wysheid wanneer ons beproef word

    10/05/2022 Duración: 37min

    00:00  Die Here gee wysheid wanneer ons beproef word01:50  Jakobus 1:1-803:15  Versoekings en beproewings is deel van die lewe06:00  Alle versoekings is ook beproewings10:41  Wees bly oor versoekings/beproewings16:18  Beproewing bewerk lydsaamheid22:52  Goddelike wysheid / perspektief / insig / onderskeiding30:36  Bid gelowig vir wysheid35:47  Troos van die Here Aanbieders:  Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer

  • Perspektief: April 2022

    03/05/2022 Duración: 35min

    Scriptura bespreek Disney se jare lange veldtog om sexuele verwarring en sonde te normaliseer. Hul LGTBQ agenda is onthul en bevestig dat hulle die leuen ondersteun en bevorder, ten koste van die siele van ons kinders. Wat staan ouers te doen? Verder kyk Scriptura na die transaksie waarin Elon Musk die sosiale media platvorm, Twitter, koop. Hy wil dit transformeer om totale onbeperkte vryheid van spraak te bevorder. Wat hou vryheid van spraak vir die christen in, en wat is die moontlike slaggate? 00:00 Perspektief April 2022 01:20 Florida stop seksuele onderrig vir kinders onder 10 03:00 Disney erken LGTBQ agenda openlik 11:38 Vermaak wat God verafsku 22:10 Heers oor jou slimfoon, tegnologie en TV 23:30 Elon Musk koop Twitter 27:00 Wat is vryheid van spraak vir die christen? 31:45 Wysheid oor vryheid van spraak Skrifverwysings: Kol 2:1-4, Ps 19, Ef 4 Aanbieders:  Jan-Louis Lee, Jaco de Beer, Jonker Venter

página 6 de 17