Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Solus Christus
30/10/2017 Duración: 05minDie vyf solae: SOLUS CHRISTUS. Jan-Louis Lee verduidelik wat "Christus alleen" in die Skrif beteken
-
Sola Scriptura
29/10/2017 Duración: 12minDie vyf solae: SOLA SCRIPTURA. Marnix Boersema verduidelik wat "die Skrif alleen" beteken
-
Sola Gratia
27/10/2017 Duración: 11minDie vyf solae: SOLA GRATIA. Gerhard van Rhyn verduidelik wat "genade alleen" in die Skrif beteken
-
Halloween?
20/10/2017 Duración: 24minHalloween - waar kom dit vandaan en mag ons as Christene dit vier?
-
Lukas 24. Die Here vat ons na sy Woord toe sodat ons Hom kan sien
13/10/2017 Duración: 05minSkrifoordenking uit Lukas 24 deur Gerhard van Rhyn - Die Here vat ons na sy Woord toe sodat ons Hom kan sien!
-
Gebed: wat, waarom, waaroor
06/10/2017 Duración: 30minWat is gebed? Hoekom moet ons bid? Waaroor moet ons bid?
-
Jeremia 19. God staan nie terug vir paaiboelies nie!
02/10/2017 Duración: 10minSatan gebruik boelie-taktieke om mense van God se waarheid af te skrik
-
Johannes 20. Glo is sien!
26/09/2017 Duración: 08minSien is glo? Nee - glo is sien! Skrifoordenking uit Johannes 20
-
Moet ons iets of iemand salf?
25/09/2017 Duración: 14minMOET EK IETS OF IEMAND SALF? Wat en waarom was daar salwing in die Ou Testament? Wie het Jesus gesalf, en deel christene in Sy salwing? Wanneer word ons met die Heilige Gees gesalf? Wat beteken salwing? Trek salwing jou aandag van die ware evangelie af en plaas dit op jou eie geloofswerke (bygelowe)? Wees gerus gelowige, want as jy gered is, hoef jy nooit weer vir enige rede gesalf te word nie.
-
Hoe moet ek die Bybel lees?
22/09/2017 Duración: 17minDeel 2 van 2. Praktiese toepassing: Hoe moet ek die Bybel lees?
-
Numeri 6. Die seën van die Here
11/09/2017 Duración: 03minNumeri 6: 'n Oordenking oor die "seën van die Here".
-
-
Evangelisasie op sosiale media
23/08/2017 Duración: 16minChristene se deelname en teenwoordigheid op sosiale media.