Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Wie is ek?
10/09/2019 Duración: 28minHierdie is die eerste episode in ons nuwe reeks oor "Identiteit". En in die episode vra ons die vraag: "Wie is ek?" Ons praat oor die beeld wat jy van jouself het. Letterlik, hoe jy jouself sien en wie jy dink jy is. In hierdie episode wissel ons gedagtes oor die vraag wat ons almal vir onsself vra en moet vra: “wie is ek?”
-
Perspektief: Augustus 2019
03/09/2019 Duración: 29minDit is opvallend hoe daar tans in Suid-Afrika en regoor die wêreld protes-optogte gehou word. Baie keer gaan dit selfs oor tot geweld of vandalisme. Is protes-optogte iets waaraan Christene behoort deel te neem? Hoe sou ons deelname daaraan lyk? (03:20) Wat sê die Skrif oor opstand teen die regering, en hoe behoort gelowiges op te tree teenoor 'n goddelose regering? (17:38) "Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel" Rom 13:1
-
Fees-episode: Sola Scriptura
27/08/2019 Duración: 35minRadio Scriptura is twee jaar oud! Om dit te vier, het ons besluit om hierdie spesiale fees-episode uit te reik. Vandag wil ons as’t ware terugkeer na die bron. Ons wil vandag lekker ruim gesels oor die Woord van God. Veral in die lig van die wekroep van die Reformasie: "Sola Scriptura". Alleen die Heilige Skrif. Waar kom die naam "Scriptura" vandaan, hoe het dit ontstaan? 07''30 "Sola Scriptura" in die Reformasie. 08''54 Kan ons die Here se stem op 'n ander manier hoor as in die Woord? 17''40 Die onfeilbaarheid van die Skrif. 23''35 Die Here bewaar self sy Woord. 32''00 Hoe verklaar ons moeiliker gedeeltes in die Skrif? 33''45
-
Bybelse Christenskap: As wêreldbeskouing
20/08/2019 Duración: 39minIn hierdie episode gesels ons oor Bybelse Christenskap as 'n wêreldbeskouing. Wat is 'n wêreldbeskouing en hoe lyk 'n Bybelse wêreldbeskouing? Ons kyk ook na praktiese riglyne wat ons kan help om 'n Bybelse wêreldbeskouing te vorm.
-
Bybelse Christenskap
13/08/2019 Duración: 30minOns leef in 'n wêreld waarin daar soveel verskillende stemme opgaan oor wat dit beteken om 'n Christen te wees. Bv. 72% Persent van Suid Afrika se inwoners noem hulself "Christene" Daarom kyk ons in hierdie episode na wat dit beteken om 'n ware Bybelse Christen te wees - en hoe die lewe van so 'n persoon lyk.
-
Luisteraarsvrae: Tatoeëring en Orgaanskenking
06/08/2019 Duración: 34minIn hierdie episode beantwoord ons twee luisteraarsvrae vanuit die Skrif. Die eerste vraag het te make met tatoes/ "piercings", terwyl die tweede een oor orgaanskenking gaan. Tatoes en "Piercings" (2''38) Orgaanskenking (19''32)
-
Perspektief: Julie 2019
02/08/2019 Duración: 39minIn hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Julie-maand vanuit 'n Bybelse perspektief. Die fokus van hierdie maand se episode is: 01:24 Afvalligheid van die Gereformeerde geloof: Joshua Harris, Mark Driscoll en Francis Chan 29:11 'n Nuwe huwelikswet vir Suid Afrika
-
Luisteraarsvrae: Valse Profete en Game of Thrones
23/07/2019 Duración: 36minIn hierdie episode beantwoord ons twee luisteraars se vrae: Mag 'n mens na goeie goed van valse leeraars luister? Game of Thrones - behoort Christene na hierdie soort stories te kyk?
-
Uitbranding
16/07/2019 Duración: 30minOns gesels in hierdie episode oor uitbranding. Uitbranding is 'n Chroniese- en werkverwante stres. Dit lei dan dikwels tot 'n gevoel van doelloosheid. Uitbranding kom vandag al hoe meer voor weens die hoë druk waaronder ons verkeer.
-
Luisteraarsvraag: Israelvisie
09/07/2019 Duración: 29minIn hierdie episode gesels ons oor die gevaarlike dwaalleer van die Israelvisie. Hierdie beweging beklemtoon veral die verlossing van sekere rasse. Dit is daarom baie aanloklik vir mense wat lief is vir hulle eie volk en taal.
-
Perspektief: Junie 2019
03/07/2019 Duración: 48minIn hierdie episode beskou ons nuusgebeure van Junie-maand vanuit 'n Christelike perspektief. Die fokus gebeure van hierdie maand se episode is: -Junie maand: Gay maand (Pride month). Die sistematiese manier waarop ons beinvloed word deur die media. -Die staatsrede / Munisipaliteite wat onderpresteer. Is daar nog hoop vir ons in so 'n land? -Christina Landman se uitlating oor "Fresh Expression" kerke in Switzerland. Moet ons ook begin "koffie-kroeg"- en "rock en roll"- kerk hou?
-
Gejaagdheid
25/06/2019 Duración: 34minOns leef in 'n tyd waarvan dit bekend is dat ons lewens meer gejaagd is as bv. die van die generasie voor ons. Dit word selfs in party opsigte 'n "status simbool" as 'n mens kan wys hoe besig jy is, en hoe baie goed jy doen. Die meeste van ons se "tydbegrotings" is dikwels in die rooi, en 24uur is net te min vir alles wat in ons dag moet gebeur. In hierdie episode fokus ons op die konsep van "gejaagdheid".
-
Luisteraarsvraag: Lectio Divina
18/06/2019 Duración: 33minIn hierdie episode beantwoord ons ‘n luisteraar se vraag rondom Lectio Divina. Wat is Lectio Divina? Is dit Bybels? En is dit iets wat ons as Christene moet praktiseer? Ons kyk na hoe ons as Christene God se woord behoort te gebruik. Minuutmerkers: 4: 08 - Wat is Lectio Divina? 12: 27 - OnBybelse beginsels van Lectio Divina 18:15 - Hoe moet ons as Christene die Skif gebruik?
-
Finansies: Finansiële stres
11/06/2019 Duración: 31minHierdie is die twee episode in ons reeks oor Finansies. In die eerste episode het ons gepraat oor "Rentmeesterskap". Kliek hier indien jy dit dalk gemis het. In hierdie episode gesels ons oor finansiële stres - wanneer dit dalk minder goed gaan met jou finansiële posisie. Hoe kry ons dit reg om in sulke omstandighede op die Here te vertrou, sonder om ons eie plig te versuim? Watter hoop en uitkoms is daar? Beteken dit dalk dat daar 'n sonde in my lewe is waarvan ek moet afsien - is dit 'n straf van die Here?
-
Perspektief: Mei 2019
04/06/2019 Duración: 47minMei in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor: -Star Wars Produksie-vervaardiger wat 'n donasie wil gee vir die pro-aborsie saak (2:40) -Disney se "gay parade" wat begin Junie afgespeel het (12:55) -Multichoice en die gebeure daaraan verbonde (22:22)
-
Finansies: Rentmeesterskap
28/05/2019 Duración: 38minOns gee in hierdie episode 'n "teologie van geld" - 'n paar Bybelse beginsels oor geld en hoe ons met ons geld moet omgaan.
-
Sabbatdag, Rusdag, Ewige Rus
21/05/2019 Duración: 26minIn hierdie episode bespreek ons die vierde gebod. Wat is die implikasie van hierdie gebod vir gelowiges vandag? Moet ons Sondae steeds as 'n sabbat hou? Ons kyk eerste na die betekenis en instelling van die Sabbat in die Ou Testament. Daarna bespreek ons die betekenis van die Rusdag vir gelowiges vandag. Laastens kyk ons na die dieper betekenis van die dag - die Ewige Rus wat daar vir die Here se kinders voorlê.
-
Luisteraarsvraag: Verstaan die Bybelse wette
14/05/2019 Duración: 36minIn hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraar se vraag rondom die klassifikasie van die Bybelse wette. Ons kyk watter wette nog bindend is vir gelowiges vandag, en ook hoe wetsonderhouding inpas by die Boodskap van die Evangelie.
-
Luisteraarsvraag: Lotery
07/05/2019 Duración: 22minIn hierdie episode beantwoord ons 'n luisteraarsvraag: "Is lotjies trek ("raffles") sonde? Die Bybel sê nie direk iets hieroor nie? Wat van dobbel?" Ons kyk na die werping van die lot in die Bybel, dan gesels ons oor lotjie-verkope (bv. vir 'n kerk se fondsinsameling), en laastens gesels ons oor die Nasionale Lotery.
-
Perspektief: April 2019
30/04/2019 Duración: 35minApril in Perspektief! In die lig van onlangse nuusgebeure gesels ons in hierdie episode oor: Paasfees-kruisigings in die Fillipyne (0.50'') Die Notre Dame wat afgebrand het (09:45'') Uitlatings van die rugbyspeler, Israel Folau (19:33'')