Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Huweliksvoorbereiding: Beloftes vir ons Huwelik
25/06/2024 Duración: 38minWaarvan getuig die beloftes wat saamgevat word in die huweliksformulier? Voor wie en waar word die huwelik gesluit? Wat beteken dit om trou aan mekaar te sweer voor die lewende God? Hoe lyk die gereformeerde skrifbeginsels van die huwelik tussen gelowiges? Die gemeente in jul kerk is ooggetuies van die heilige bevestiging en verbinding aan mekaar. Is dit 'n individualistiese, romantiese funksie vir die twee wat trou, of ag God dit baie hoog? Hoekom is die huwelik in 'n stryd gewikkel op aarde, en hoe staan ons vas in teëspoed? Watter troos is die seën wat oor die huwelikspaartjie uitgespreek word vir gelowiges?
-
Huweliksvoorbereiding: Soos een Vlees
18/06/2024 Duración: 44minWat beteken dit om een van vlees te wees met jou huweliksmaat? Hoe moet die familie en die kerk hulself posisioneer rondom voornemende huweliksmaats en jong getroude egpare? Kan jy as man trou voordat jy geestelik en finansieël volwasse en gereed is daarvoor om die leiding in jou huwelik op te neem soos God dit wil hê? En kan jy as vrou in die huwelik met jou man tree alvorens jy geestelik en emosioneel gereed is daarvoor? Wat het geestelike eenheid met seksuele eenheid te doen? Hoe belangrik is finansiële eenheid in die huwelik tussen man en vrou?
-
Perspektief: Mei 2024
11/06/2024 Duración: 37minDrie onderwerpe van bespreking wat terugkyk oor die afgelope maand se nuus is: politiek en die stembus, wêreldse sukses en natuurrampe. Wat het christene te doen met die politiek, en hoe moet ons die stembus benader? Is ons rentmeesters van die skepping, en het ons 'n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap? Kan jy jou geloof uitleef daar waar jy is? Waaraan word sukses gemeet? Is wêreldse sukses werklik die moeite en tyd werd vanuit 'n ewigheidsperspektief? Mark 8:36: "Wat baat dit 'n mens immers as hy die hele wêreld as wins bekom, maar sy lewe verloor?" Hoe moet die gelowige natuurrampe sien, en hoe moet ons dit as deel van God se plan beskou? Amos 3:6 "Sal daar 'n ramp oor 'n stad kom as die Here dit nie gebring het nie?"
-
Huweliksvoorbereiding: Die rol van die man en die vrou
03/06/2024 Duración: 43minWie is die belangrikste persoon in die huwelik tussen man en vrou? As Christus dus die hooffokus in die christen se huwelik is, hoe behandel ek my huweliksmaat ter wille van Christus? Kan christene werklik die rolle van onderskeidelik man en vrou in die huwelik vervul, indien ons nie beide ook gevul is met die Heilige Gees nie? Hoe is ons veronderstel om mekaar binne die huwelik te dien, sodat dit kan getuig van die selfopofferende liefde wat Christus vir Sy bruid, die kerk, het?
-
Voorhuwelikse Kategese: Hoe begin ons die verhouding reg?
28/05/2024 Duración: 33minWaar kom die huwelik vandaan, en wie is die outeur daarvan? Hoekom nie met 'n ongelowige trou nie? Dien jou aanstaande huweliksmaat die Here of nie? Is jou huidige lewensstyl bepalend van hoe jy in jou huwelik gaan leef? Is die troudagtradisies en sosiale invloed van die sekulêre wêreld belangrik vir die christen, of is geloof in God en 'n bybelse visie van die huwelik die bepalende faktore van 'n geseënde huwelik? Is daar leemtes in ons onderrig van ons kinders oor verhoudings, hul liggame en die huwelik? Hoekom nie saambly nie, en hoekom is daar so 'n hoë agting in die Woord van God oor die menslike liggaam wat verheerlik moet word?
-
1 Timoteus 2 vir vandag
21/05/2024 Duración: 42minWat is 1 Timoteus 2:1-15 se toepassing vir vandag? Is God se woord relevant vir alle tye en alle mense? Hoe is die opdragte van Paulus aan die Efese geanker aan die skeppingsopdrag? Moet ons bid vir 'n heidense regering? Wat is die roeping vir die mans, en wat is die opdragte vir die vroue?
-
Hemelvaart
14/05/2024 Duración: 30minWatter nut en getuienis het die hemelvaart van Christus vir ons? Wie is ons voorspraak by die Vader? Wie was die volmaakte, eenmalige offer en die eens en vir altyd offer? Wie regeer nou, of is Jesus se werk nou verby? Het Jesus al die Ou Testamentiese beloftes vervul? Hoe werklik is die waarbord en die teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou lewe? Watter impak het die wete dat jy deel is van die bruid van Christus op jou lewe, en hoe impakteer dit die kerk? Leef ons vanuit die evangelie, of leef ons net vir hierdie lewe?
-
Pastoraal: Sondebelydenis en Vergifnis
07/05/2024 Duración: 28minHoekom bely ons sonde? Word net sonde wat bely word vergewe? Hang ons redding van sondebelydenis af? Wat van onwetende sonde? Het Christus dan nie die volle prys betaal nie? Besef ons wat sonde werklik is? Is daar 'n onderskeid tussen wedergeboorte en daaglikse bekering van sonde? Wat het sondebelydenis met aanbidding te doen? Wat as die ander persoon nie wil vergewe nie? Weet ons self waarvan ons vergewe is, en kan ons dit ooit verdien? Christus se vergifnis maak ons vry.
-
Perspektief: April 2024 - Konferensies
30/04/2024 Duración: 33minWat is die voor- en nadele van teologiese konferensies? Dien dit 'n goeie doel, of is dit net 'n gepraat wat die plaaslike gemeente uitsluit? Gereformeerde Sessies 2024 het reeds in April plaasgevind en was grootliks susksesvol met baie goeie basiese Bybelse riglyne en preke. Wat is 'n meerdere vergadering of sinode vergadering, en wat is die oorspronklike doel daarvan binne ons kerkverband? Die Woord Konferensie vind hierdie jaar plaas van 7-9 Junie 2024, te Gereformeerde kerk Daspoort, en die tema is: Hoe ken ek God? Hoe baat die plaaslike kerk en gereformeerde predikante by hierdie konferensies?
-
Pastoraal: Woede
23/04/2024 Duración: 30minIs daar 'n onderskeid tussen goeie woede en sondige vorme van woede? Kan woede dan nog goed wees, en hoe lyk die sondige vorme van woede? Is kwaadword 'n sonde opsig self? Hoe gemaak met hoë frustrasies, baie stres, 'n tekort aan selfbeheersing en emosionele selfregulasie, en negatiewe gedragspatrone? Is my woede geregverdig in die lig van wie Christus is?
-
Pastoraal: Werke van die bose
16/04/2024 Duración: 34minNa aanleiding van 'n luisteraar se vraag: Wat is die werking van die bose, en is demoonbesetting die rede vir siektes? Sien ons vandag nog werke van die bose en demoonbesetting? Kan ons mooi onderskei tussen fisiese siekte en bose werke? Kan demone mense siek maak, of is mense eintlik bygelowig? Kry gelowiges bose aanvegtinge, en kan christene deur demone beset word? Wat is die fout met sogenaamde bevrydingsbedienings, en hoe is dit laster teen God? Hoe beraad ons dus mense oor die bose, bose aanvegtinge en demoonbesetenheid indien hulle dit ervaar of daaroor twyfel, veral in tye van siekte, ongeluk en dood? Fokus liewer op die heerskappy van die waaragtige God en Sy oorwinning van die bose aan die kruis.
-
Pastoraal: Psigopatie
09/04/2024 Duración: 39minWat is 'n psigopaat? Hoe verskil dit van narsisisme en sosiopatie? Hoe word psigopatie geklassifiseer? Is dit boosheid of 'n siekte? Hoe kan ons bybels sin maak van hierdie super manipulerende gedrag van psigopate is, of gediagnoseer is met persoonlikheidsversteurings? Kan psigopate ook verantwoordelikheid vir hulle sonde neem? Kan 'n psigopaat gered word? Word sonde as mediese siektes geklassifiseer en gediagnoseer, of moedig ons mense aan om verantwoordelikheid vir hul sonde te vat? Paulus sê, ".... as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepping."
-
Perspektief: Maart 2024 - Kruistogte en Paasstasies
02/04/2024 Duración: 35minChristus se lyding was volkome en die prys vir ons sonde is reeds aan die kruis betaal. Wat sal mensgemaakte paasfees rituele, kruistogte en paasstasies van die wonderlike evangelie boodskap steel, of probeer byvoeg? Jesus het reeds aan die kruis gesê, "Dit is volbring". Kolossense 2:6-14: "Pasop dat niemand julle meevoer deur 'n filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie en teorieë oor die kosmiese elemente, en nie op Christus nie. Want in Hom woon die hele volheid van die Godheid liggaamlik. En in Hom, wat Hoof oor elke heerskappy en mag is, is julle met hierdie volheid vervul. In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is. Omdat julle in die doop saam met Hom begrawe is, is julle ook saam met Hom opgewek deur die geloof in die krag van God, wat Hom uit die dood opgewek het …. Hy het die skuldbewys met sy aanklagte teen ons uitgewis en dit blywend weggeneem, toe Hy dit aan die
-
Pastoraal: Verslaaf aan pornografie
26/03/2024 Duración: 32minIs pornografie werklik so verslawend en wat is die uitwerking daarvan op die menslike brein? Hoe affekteer dit volwassenes en kinders psigies, emosioneel, geestelik en fisies? Is tegnologie en blootstelling aan pornografiese materiaal op verskillende platvorms dalk 'n groter uitdaging as wat ouers besef? Het ons nog 'n bybelse persepsie van gesonde seksuele verhoudings soos God se woord dit vir ons voorhou? Is 'n bybelse wêreldbeskouing nog belangrik wanneer ons met kinders praat oor seks en seksualiteit? Hoekom kyk mense en kinders pornografie? Wat moet ons eerste aanspreek om die groeiende probleem uit te roei? Wie kan ons daarvan genees?
-
Pastoraal: Verwaandheid
19/03/2024 Duración: 37minHoe is trots, selfliefde, ydele eer oftewel verwaandheid 'n teken van diep ongeloof en hoogmoed, of selfs verwand aan narsisme? Wat is die een ding wat ons heimlik ook deel met die gesindheid van die fariseërs? Het ons 'n hoër beeld van onsself as van God? Johannes 3:30 stel dit baie eenvoudig, "Hy moet meer word, maar ek minder." In wie vind ons ons waarde? Gebruik God lyding en beproewing om ons harte nederig te hou? Hoe bring die wet vir ons perspektief oor onsself?
-
Luisteraarsvraag: Was die ou kerkvaders gereformeerd?
12/03/2024 Duración: 43minWie was die eerste kerkvaders? Waar kom ons gereformeerde beginsels en beleidenisse vandaan? Hoekom volg ons'n sekere orde in die gereformeerde kerk? Is gereformeerde teologie 'n nuwe uitvindsel van die 16de eeu? Waar pas Calvinisme in (TULIP)? Waar kom "progressiewe" christenskap vandaan? Semper Reformanda - hervorm steeds in ooreenstemming met die Woord van God.
-
Wat sê die vers? 1 Timótheüs 1:15
05/03/2024 Duración: 35minPaulus skryf vir die gemeente van Efese en gee vir Timótheüs pastorale riglyne van hoe die kerk van God moet funksioneer. Hy belei in sy brief: "Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die vernaamste is." Van watter ongeloof praat die eks-fariseër Paulus hier? Was Paulus dan nog 'n sondaar toe hy hierdie brief geskryf het? Verseker, en dit is hoe nodig ons Christus en Sy verlossing daagliks het. Himenéüs en Alexander is aan satan oorgegee, maar hoekom? Hoe ernstig is dwaalleer en hoe affekteer dit die res van die gemeente se geestelike veiligheid? Hoekom is dit deel van die kerk se opsig en tug teenoor die ongehoorsame lidmaat? Hoe moet die herders dan die gemeente beskerm?
-
Perspektief: Februarie 2024
27/02/2024 Duración: 37minDink na oor kerk en staat was Professor Fika Janse van Rensburg se onlangse skrywe in die media. ".... ons land kies dat die regering die pluraliteit van godsdiensvryheid erken, en dat godsdiensvryheid in ons land sal geld....." Die vraag is: Is daar 'n beter weg as pluralisme? Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor die kerk en hoe verskil dit van Artikel 36 van Nederlandse geloofsbelydenis? Hoe behoort die kerk te preek en hoe moet die staat te regeer?
-
Wat sê die vers? 1 Petrus 3:18-20
20/02/2024 Duración: 30min"Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;" Wat is die konteks van hierdie teks? Moet ons dit fisies, metafories of allegories beskou? Gaan die teks oor lyding, vervolging en verdrukking? Wat is ons siening van Christus en verlossing in die ou testament? Het Jesus homself fisies in die hel aan geeste gaan vertoon? Wat is die troos vir gelowiges?
-
Wat sê die vers? Jakobus 5:14-15
13/02/2024 Duración: 31minWat is die fokuspunt van Jakobus 5:14-15? Hoe behoort ons beproewing en siekte te sien? Hoe lyk ons geloof prakties wanneer ons siek is? Wie moet vir die siekes bid, en het die olie, salwing of ritueel 'n spesiale krag om te genees? Wie het die gawe van genesing? Wat word met die salwing in hierdie teks bedoel?